Nagskof.

My hart is in my skoene
En my hakke klop alweer
Dis van keer op keer totsiens sê
En strukkies bind om seer.

My filters raak warm
En my ys smelt my tyd.
Kooltjie vir kooltjie dink ek terug aan die verweit.

Storm na storm staan ek alleen op my brug.
straalig vir straatlig soek ek net ‘n plek om na te vlug.
Maar die ligte is af en elke deur is gesluit
Ek klop aan elke venster opsoek na bietjie waarheid in elke feit.

Ek probeer skoene volstaan maar my sokkies bly geskeur
Dis van grondpad hardloop, maar ek sweer ek probeer.
Jou oë was my padkaart maar my visie raak nou dof, ek praat met die engele maar hulle werk net nagskof.

My ink raak droog en my pen vorm krampe
Maar skryf sal ek skryf oor die pyn en al die stampe.

En dis jy, jy wat my op koers hou –
Jy na wie ek hardloop as ek arms soek wat om my fou.
Belowe my net jy bly – al is dit net tot middernag –
Want na dit kan engele my geselskap hou
En toekyk hoe ek weer vir eens kan glimlag.

Dowe ore

Hoekom?
Hoekom jy?
Ek verstaan nie hoe ek toelaat dat die druppels my hart se mure afloop nie.

Jy draai dit om. Jy sê ek sal “fine” wees sonder jou, maar ek weet dan dit is die suiwerste vorm van ‘n leun.
Ek het jou nodig. Ek het jou lief.

Tyd se arm kan nie terug gedraai word nie – en jammer se klanke val op ore wat moeg is om dieselfde ritme te hoor.

Lyk my ek sal maar my houtjas aantrek, met die wete dat my bloed droog gebloei het sonder om liefde deur my hart te pomp.

Die boodskap kom deur. Dis jy. My hart vesnel na 6000 kloppe per minuut – my hande sweet en die halfmaan vorm op my lippe.

Duidelik – onvermeidelik. Was dit jy. Is dit jy. Sal dit altyd jy wees.
Maar jou deur is oop. Seuns staan in rye om aan te klop. Maar nie een van daai seuns ken die aanwysings wat die suider kruis my gegee het nie. ‘n Man wat gestuur word – maar word op valse aanwuising gelei.

Ek is deurmekaar. Dronk. Swak. En die ergste van hulle almal, ek is jammer.