Red My

Soos ‘n dromer,
Gelei op ‘n silwer pad.
Verlei na haat en seer
En gevoelens wat brand.

Vreemdes word bekend,
En bekendes raak dof –
Staan jy alleen,
Of vorm jy net deel van die stof?

Sneeu sag dans ons skaduwees,
Op ritmes wat toegesluit moes bly.
Droog gebrand op kole se as –
Het jy my wakker gemaak,
en my gered van my houtjas.

Geboei tussen swerf of sterf,
Maar geluk kan nie gekoop word nie,
Self nie met bloed teen mure geverf…

So vertel my meer, sodat ek my doodskoot kan hoor vir ‘n laaste keer,
Groet my met jou glimlag, maar bly weg op my laaste dag,
Sodat ek ‘n laaste keer kan terug dink aan jou – en hoe hy nou sy arms om jou fou –
Wat dit my skat, is sterker as enige kaliber, en sal beslis my laaste asem vat.

Leave a comment